OUDTSHOORN NUUS - Verskeie staatsdepartemente en munisipaliteite van die Eden- en Sentraal Karoo-distrikte het vanoggend by die De Jager-sportkompleks aan die jaarlikse Better Together Games deelgeneem.
Hierdie sportdag wat sportkodes soos raak-rugby, vlugbal, atletiek, sokker, netbal, tafeltennis, toutrek, potspel, fietsry, skaak en tennis ingesluit het, is
deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'