OUDTSHOORN NUUS - Die munisipaliteit het vanaand kennis gegee dat vullisverwydering nie vandag kon plaasvind nie.
Dit is as gevolg van tydelike werkers wat betoog het en personeel en voertuie verhoed het om die depot te verlaat.
Volgens die kennisgewing was die munisipale bestuur in gesprek met die tydelike werkers en dit is op hierdie stadium nie duidelik of vullisverwydering môre weer hervat kan word nie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'