Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurders van twee Toyota-bakkies en 'n aantal plaaswerkers wat op een van die bakkies was, is vanoggend in 'n botsing tussen Dysselsdorp en De Rust beseer.
Een van die bakkies was vanuit De Rust se rigting met die N12 onderweg toe die ander bakkie uit 'n grondpad gekom het en die N12 gekruis het.
Die twee bakkies het mekaar getref en van die werkers op die een bakkie het afgeval.
Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans hospitaal toe geneem is.
Die bestuurder van die bakkie wat met die hoofpad onderweg was, was alleen in die bakkie.
Kyk 'n video hieronder:
Die bakkie met 'n aantal werkers het die N12 gekruis en is deur 'n aankomende bakkie getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'