Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ’n Toyota het van ligte borspyn gekla nadat haar voertuig ’n paal in Baron van Reedestraat getref het.
Sy het oorkant die Queen's Hotel uit ’n systraatjie gekom, maar toe sy by die stopstraat wou stilhou het haar voet skynbaar gegly of vasgehaak en sy het dwarsoor die pad en die middelmannetjie gery en ’n paal op die hoek van Baron van Reedestraat en Queenslaan getref.
Aankomende verkeer kon betyds stop om ’n botsing met die Toyota te vermy.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'