OUDTSHOORN NUUS - Chrissie Geyser is aangewys as die wenner van die De Krans Bloeiselfees-fotografiekompetisie.
Sy wen De Krans wyne gelykstaande aan haar eie liggaamsgewig.
Teresa Milne het die tweede beste foto geneem, terwyl Ronel Swanepoel die derde en vierde beste foto's geneem het.
Die beoordelaar was Neil Curry, 'n internasio-naal bekroonde filmmaker, skrywer en fotograaf.
Boets Nel, De Krans Wynkelders se keldermeester, het gesê al die foto's beklemtoon die belangrikheid van bloeiseltyd - nie net vir die blomme nie, maar ook vir die bye.
"Dit illustreer die karakter en prag van die Lente by De Krans. Sonder albei hierdie elemente sou daar min vrugte wees, en die bye wat op so baie ander maniere vir ons so waardevol is, sal selfs meer vir oorlewing veg as wat hulle nou doen.
Vierde: Foto: Ronel Swanepoel
"Op baie maniere vertel die foto's die belang-rike storie, wat veel meer is as net die skoonheid van die blomme alleen."
Eerste: Foto: Chrissie Geyser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'