KLEIN KAROO NUUS - Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het hul besoekersprotokol aangepas na die uitbreek van die Covid-19 virus.
Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, is die aanpassings gemaak om verspreiding van die virus te voorkom en om sosiale afstand tussen mense te verminder.
Pasiënte kan voortaan net een besoeker per pasiënt per saal ontvang en besoekers moet deurentyd dieselfde wees, familielede mag nie beurte maak nie en geen kinders onder 12 jaar oud word toegelaat nie.
Besoekers sal 'n reeks vrae gevra word voor hulle mag ingaan. Besoektye is nou vanaf 19:00 tot 20:00.
Waar word getoets
Indien iemand vermoed dat hulle moontlik Covid-19 kan hê moet hulle die nasionale instituut vir oordraagbare siektes by 0800 029 999 of die provinsiale blitslyn by 021 928 4102 skakel.
Die persoon sal dan geadviseer word oor wat volgende gebeur. Net persone met die simptome van Covid-19, persone wat in areas gereis het waar die virus reeds is, of persone wat in kontak was met iemand wat Covid-19 het sal getoets word.
Indien 'n persoon gestuur word om getoets te word bel eers die hospitaal of kliniek vooraf om die personeel in kennis te stel.
Pasiënte wat aan die definisie van die geval voldoen, sal by die volgende klinieke en hospitale getoets word:
Ladismith: Ladismith-kliniek, Zoar-kliniek, Amaliënstein-kliniek, Calitzdorp-kliniek en Alan Blyth-hospitaal
Oudtshoorn: Alle klinieke en die Oudtshoorn-hospitaal
Vir meer inligting oor die virus besoek die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement se webtuiste of WhatsApp "Hi" na 060 012 3456.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'