Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een van Oudtshoorn se mees beskeie beeldhouers, Anton Roetz, het die inperkingstyd benut om sy kuns te beoefen.
Hy het 'n kraanvoël uit hout geskep wat met vernuf so gebou is dat dit kan beweeg.
Anton is veral bekend vir die talle beeldhouwerke wat hy reeds die afgelope drie jaar as deel van die Absa Maakimooi-projek gemaak het.
Hy het ook die afgelope maande 'n hele reeks interessante kitare, wat ook elektronies versterk kan word, uit verskeie herwinde items soos hospitaal-bedpanne, motors se lugfilters en ander houers gemaak.
Anton en sy vrou Betsie bedryf die gasteplaas Shadowlands buite Oudtshoorn en het grootskaalse verliese gely met kansellasie as gevolg van die Covid-inperking.
Kyk 'n video hieronder:
Hy het 'n kraanvoël uit hout geskep wat met vernuf so gebou is dat dit kan beweeg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'