OUDTSHOORN NUUS - Polisie is op die toneel waar 3 vroue en 'n man glo 'n Pep Stores-tak wou beroof.
Spesifieke inligting is nog nie beskikbaar nie, maar 'n werknemer wat probeer het om van die mense aan te keer, is beseer.
Volgens hom het die polisie twee verdagtes in hegtenis geneem. Dit wil voorkom asof die ander in 'n motor gevlug het.
Die voordeur van die winkel is beskadig, maar dit is nie duidelik op watter stadium dit gebeur het nie.
Sover vasgestel kan word was daar geen wapens betrokke nie.
Meer inligting sal van die polisie se woordvoerder aangevra word.
Kyk 'n video hieronder.
Pep Stores in die middedorp.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'