Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Rekord aantal gaste (150) het gisteraand, Donderdag 31 Oktober, die tweede laaste netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer bygewoon.
Die aand is deur Overberg Wealth and Risk Management geborg en deur Cango Wildlife Ranch aangebied.
Nadat 4 besighede as nuwe lede voorgestel is, het die span van Overberg oor hulle uitgebreide finansiële dienste gesels. Cango Wilflife se aanbieding daarna het op die bewaringsaspek van die besigheid gefokus.
Hulle het ook aangekondig dat hulle die leiding neem met 'n omvattende projek om 20 000 eko-bakstene te laat maak voor volgende jaar se KKNK. (Die Oudtshoorn Courant sal volgende week hieroor berig).
Na afloop van die program is gaste in klein groepe verdeel en op 'n nagtoer deur 'n paar spoke en monsters geneem.
Die aand is deur Overberg Wealth and Risk Management geborg en deur Cango Wildlife Ranch aangebied. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'