Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Alhoewel die Kango-grotte gesluit is, is verskeie toeristebestemmings steeds oop.
Die grotte was vanoggend verlate met slegs sleutel personeel op diens nadat die stadsraad besluit het om die grotte van vandag tot 1 April te sluit.
Besienswaardighede op die grottepad is egter oop vir besigheid.
Vroeg vanoggend was daar reeds besoekers by plekke soos die Cango Estates Zipline, Wilgewandel, Cango Ostrich Farm, Buffelsdrift Game Lodge, Surval, Karusa en Cango Wildlife Ranch wat oop is.
By al die plekke is voorsorgmaatreëls in plek om te ver seker dat higiëne gehandhaaf word.
Kyk 'n video hieronder:
Wilgewandel.
Vorige artikel: Kango-grotte sluit tydelik
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'