OUDTSHOORN NUUS - Eskom het vandag ‘n kennisgewing uitgestuur waarin daar gewaarsku word teen ‘n kragonderbreking op 1 September vanaf 06:00 tot 18:00, wat die hele Oudtshoorn - en omliggende areas gaan affekteer.
Volgens die kennisgewing gaan daar aan die Outeniqua-, Dysselsdorp-, Oudtshoorn-, Meiringspoort, Riet- en Calitzdorp-substasies gewerk word.
Indien die herstelwerk nie op 1 September gaan plaasvind nie, sal hulle dit op 14 September tussen 06:00 en 18:00 doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'