Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Na meer as ‘n halfeeu in Oudtshoorn, het Freddie en Margaret Jordaan Oudtshoorn gegroet.
Hulle het Sondag na Sandton verhuis waar hulle by hul een seun, Pierre Jordaan gaan woon.
Freddie het 62 jaar gelede van die plaas Brandwacht buite Mosselbaai na Oudtshoorn getrek waar hy sy hoërskoolloopbaan by die destydse Hoër Tegniese Skool (waar die polisie-akademie nou is) voltooi het.
Margaret het 51 jaar gelede van Prins Albert na Oudtshoorn verhuis.
Na slegs drie maande in Oudtshoorn, het sy vir Freddie ontmoet.
Elf maande later is hulle in die huwelik bevestig.
Die Jordaans het diep spore in Oudtshoorn getrap.
Die Oudtshoorniete Staan Saam-assosiasie, onder leiding van Hein Crocker het Donderdag 17 Augustus ‘n verrassingsafskeid by Headlines Restaurant vir die egpaar gehou.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
VIDEO & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'