OUDTSHOORN NUUS - Twee bekende oudonder-wysers van Oudtshoorn, wat vir baie jare saam skool gehou het, het einde verlede jaar onderskeidelik hul 98ste en 84ste verjaarsdae gevier.
Adam Wicomb, alom bekend as meester Ampie het op 20 Desember 2018 sy 98ste verjaarsdag gevier en Phillip Muller, alom bekend as meester Philo, sy 84ste twee dae later.
Albei het vir 37 jaar onderwys gegee voordat hulle onderskeidelik in 1981 en 1993 die beroep vaarwel geroep het.
Wicomb is 'n boorling van Matjiesrivier en een van die eerste leerders van die Hoërskool Môrester op Oudtshoorn. Muller is 'n boorling van Dysselsdorp.
Hulle het hul onderwys-loopbane onderskeidelik op Ladismith en Grootkraal begin.
Hulle het ook vir etlike jare saam as diakens van die Dysselsdorp United Congregational Church gedien en later van die Oudtshoorn Congregational Church.
In 1985 was hulle twee van die stigterslede van die Weyers Memorial United Kerk en tans lewenslange ere-diakens.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'