OUDTSHOORN NUUS - Motorfietsryers van die Breede River Harley Davidson Chapter het verlede Vrydag besoek afgelê by die inwoners en personeel van Helen Bellinghanhof, te huis vir bejaardes op Oudtshoorn.
Die inwoners is met kolwyntjies van Feedem Catering bederf waarna hulle en die personeel geleentheid gekry het om op die ysterperde te ry.
Sr. Colleen Fourie, wat aan die stuur van sake van Bellinganhof is, het gesê dat die besoek van die Harley Davidsons elke jaar vir die inwoners van dié tehuis 'n reusebederf is.
"Hulle was al van vroeg af opgewonde en het buite gesit en wag vir die motorfietse om te arriveer."
Te lekker.
Hier kom ek! Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'