OUDTSHOORN NUUS - Caring Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie in Oudtshoorn, het verlede Saterdag 'n Kersfeesbraai vir die inwoners van Coronation Memorial tehuis vir bejaardes gehou.
Volgens Letitia de Lange, voorsitter van Caring Angels, was die dag 'n reusesukses.
"Dit was heerlik om die vreugde op almal se gesigte te sien. Om terug te gee vir die gemeenskap is waar ons harte lê," het sy gesê.
Volgens haar kon hulle danksy verskeie borge vir die inwoners toiletware, vleis, wors en roomys gee.
"Baie dankie aan Louis Kock, Colan Sylvester, Lilly Harmse en Elrico van Rooyen.
Sonder julle sou ons nooit die dag so spesiaal kon maak vir die inwoners nie."
Inwoners van Coroantion Memorial wat deur Caring Angels bederf is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'