OUDTSHOOR NUUS - Die Oudtshoorn-brandweer gaan voortaan streng optree teen boere wat sonder permitte brande op hulle plase toelaat.
Volgens ‘n woordvoerder van die brandweer word daar tans geen brandpermitte uitgereik nie as gevolg van die droogtetoestande.
Geen brande word in enige deel van die Wes-Kaap toegelaat nie.
Dit blyk egter dat daar boere is wat ten spyte hiervan voortgaan om beheerde brande aan te steek.
Boetes sal aan enige persoon wat ‘n brand begin uitgereik word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'