OUDTSHOORN NUUS - Ongeveer 200 melkbeeste wat in 'n kraal was kon betyds na veiligheid gejaag word toe 'n skuur vol voer aan die brand geslaan het.
Die brand het vanmiddag op die plaas Normadien net buite Oudtshoorn uitgebreek. Volgens een van die werknemers was sy besig om die melkery se data te vewerk toe vlamme skielik by die nabygeleë skuur die lug inskiet.
Sy het onmiddelik alarm gemaak, want 'n groot trop beeste wat gemelk moes word, was reg langs die skuur.
Twee siek beeste wat by die skuur gehou is, kon ook na veiligheid geneem word. Ongeveer 300 voerbale is saam met die groot struktuur verwoes.
Ongeveer 200 melkbeeste wat in 'n kraal was kon betyds na veiligheid gejaag word toe 'n skuur vol voer aan die brand geslaan het. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'