OUDTSHOORN NUUS - Twee insittendes van 'n taxi het beenfrakture opgedoen en 12 is lig beseer toe die taxi teen 'n wal af gery het.
Die ongeluk het vanmiddag omstreeks 13:00 net voor Dysselsdorp gebeur.
Dit blyk dat die agteras van die taxi gebreek het waarna die voertuig teen n steil wal af is.
Die bestuurder kon daarin slaag om die taxi op sy wiele te hou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'