"Die doel van die Bark for Life is hoofsaaklik kankerbewusmaking," sê Yvette Lötter, voorsitter van die plaaslike Relay for Life.
"Ons wil op hierdie manier ook eer gee aan honde, wat so dikwels wonderlike geselskap en wonderlike vriende vir kankerlyers is. En dan moet ons ook nie vergeet dat honde ook aan kanker blootgestel is nie," sê sy.
15 honde het 'n yskoue, winderige Saterdag vir twee ure om 'n baan, wat spesiaal geskraap is vir hierdie geleentheid, gestap en elke hond kon 'n prys wen, danksy wonderlike borge soos dr. Glen Carlise, Kango Diereklieniek, Pick n Pay, Boerehandelshuis, Annarie Corneluis en Paradise Pets.
Cansa Relay for Life Oudtshoorn is op 7 of 8 Februarie 2015 by die De Jager Sportkompleks en spanne kan reeds daarvoor begin inskryf.
Kontak Yvette Lötter 072 127 5283 vir meer besonderhede.

'n Deelnemer aan die stap saam met sy hond.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'