OUDTSHOORN NUUS - 'n Isuzu en Nissan bakkie was vroeër vanmiddag tussen Klaarstroom en Meiringspoort in 'n botsing betrokke.
Volgens inligting was die Nissan vanaf Klaarstroom onderweg toe dit 'n vragmotor naby 'n rusplek verbygesteek het.
Op daardie oomblik het die Isuzu bakkie in die rigting van Klaarstroom by die rusplek uitgery nadat die bestuurder seker gemaak het daar is geen aankomende verkeer van regs nie.
Die Isuzu is reg van voor getref deur die Nissan wat besig was om die vragmotor verby te steek. Een insittende van die Isuzu bakkie is beseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'