Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder en passasier van 'n bakkie was gelukkig om vanoggend sonder ernstige beserings van 'n ongelukstoneel weg te stap.
Die twee mans was na Uniondale onderweg waar hulle in die hof moes gaan diens verrig.
Volgens die bestuurder het hy 'n vragmotor verbygesteek en die vragmotor se sleepwa het na regs beweeg toe hy langs die vragmotor was.
Om die sleepwa te vermy het hy na regs geswenk en op die gruisgedeelte langs die pad beland. Die bakkie het die pad verlaat, deur 'n heining gery en 'n boom getref waarna dit dwars in 'n waterkanaal te lande gekom het.
Die bestuurder is ongedeerd en die passasier is per ambulans hospitaal toe geneem vir assesering.
Kyk 'n video hieronder:
Die bakkie het die pad verlaat, deur 'n heining gery en 'n boom getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'