OUDTSHOORN NUUS - 'n Toyota-bakkie het deur 'n huis se veiligheidshek en muur in Jonesstraat gery.
Die woning behoort aan die burgemeester, Colan Sylvester.
Volgens 'n getuie op die toneel het die bestuurder van die bakkie in Jonesstraat oor die stopstraat gery.
'n Voertuig wat in Meulstraat op gery het, het die bakkie regs agter getref na die bakkie oor die stopstraat is.
Die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor en met die veiligheidsheining gebots.
Die bestuurder van die bakkie is met gesigbeserings na die hospitaal geneem terwyl die passasier van die motor met rug- en nekbeserings hospitaal toe geneem is.
Die bestuurder van die motor het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat hy probeer het om die ongeluk te vermy en dit is waarom hy die agterkant van die bakkie getref het. Hy is nie beseer nie, maar is vir 'n ondersoek hospitaal toe.
Inwoners van Jonesstraat sê dit is die derde ongeluk in die afgelope twee maande op dié kruising.
"Die een stopstraat het nie meer 'n bord op nie en nie een van die twee stoppe se lyne is geverf nie," het een inwoner bevestig.
Die muur en hek is beskadig.
'n Voertuig wat in Meulstraat op gery het, het die bakkie regs agter getref na die bakkie oor die stopstraat is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'