Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Een persoon is lig beseer in 'n botsing ongeveer 7km buite Oudtshoorn op die Calitzdorppad.
Die bestuurder en passasier was vanaf Calitzdorp na Oudtshoorn onderweg toe hulle Nissan 1400 bakkie die pad verlaat en gerol het.
Die bestuurder is nie beseer nie en geen ander voertuie was betrokke.
'n Motor wat 'n ent agter hulle gery het, het stilgehou en hulp verleen en nooddienste ontbied.
Kyk twee video's hieronder:
Nooddienste op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'