Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Isuzu bakkie moes laasnag in die bakkie deurbring nadat dit gerol het en hom binne vasgepen het.
Deon Botha was van Delportshoop na Mosselbaai onderweg toe hy gisteraand omstreeks 21:00 sowat 20m buite Oudtshoorn afgetrek het om bene te rek.
Hy was onbewus daarvan dat hy op die rand van 'n steil wal stilgehou het.
Toe hy inklim om weg te trek het die bakkie teen die wal begin afgly en gerol. Sy been het vasgesit en hy kon ure later daar in slaag om hom self te bevry, maar hy is eers vanoggend omstreeks 06:15 deur 'n verbygaande motoris opgemerk.
Behalwe vir 'n gekneusde knie is hy ongedeerd.
Kyk 'n video hieronder:
Hy kon ure later daar in slaag om hom self te bevry, maar is eers vanoggend deur 'n verbygaande motoris opgemerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'