OUDTSHOORN NUUS - 'n Bakkie en 'n Polo was vanoggend in 'n botsing by die kruising van Voortrekkerweg en Parkweg naby die hospitaal betrokke.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, het die bakkie uit Wesbank se rigting in Voortrekkerweg gery en die Polo het vanuit die dorp se rigting gery.
Die bestuurder van die Polo wou regs in Parkweg draai op pad na die weermagbasis toe die twee voertuie gebots het.
Die bestuurder van die Polo is per ambulans na die hospitaal geneem om vir skok behandel te word.
Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.
Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'