Update
OUDTSHOORN NUUS - Cango Wildlife Ranch het onlangs vier kritiek bedreigde babasklipaaie (radiated tortoise) bygekry.
Volgens Mari-Lize Warrington, bemarkingsbestuurder van die Cango Wildlife Ranch, het die maskilpad, wat vanjaar haar 78ste verjaarsdag vier, twee gate van ongeveer 20 cm diep gegrou waarin ses eiers elk gelê het. Na nege maande het vier skilpadjies uitgebroei.
Warrington sê die babaskilpadjies eet murgpampoentjies, groenbone, komkommer en spekboomblare.
Volgens haar is die rede waarom die skilpaaie so kritiek bedreig is, omdat mense hulle onwettig as troeteldiere verkoop.
"Hul geboorte is 'n mylpaal vir die bewaring en bring nuwe hoop vir die oorlewing van die spesie. Alhoewel hulle nog klein is, speel hulle 'n groot rol in opvoeding en bewusmaking van hul spesie."
Cango Wildlife Ranch het onlangs vier kritiek bedreigde babasklipaaie (radiated tortoise) bygekry.
Die rede waarom die skilpaaie so kritiek bedreig is, omdat mense hulle onwettig as troeteldiere verkoop.
Lees 'n vorige artikel: Critically endangered hatchlings for Easter
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'