Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Jakhals Events beplan om komende Saterdag 'n interessante baadjie-aan-bome-projek in die dorp van stapel te stuur.
Volgens Corné Botha van Jakhals Events is die idee om geskenkte baadjies en warm bostukke soos sweetpaktruie aan bome in die buurt te hang met 'n boodskap wat sê: "As jy 'n behoefte het aan 'n baadjie, mag jy een vir jou neem."
Dié idee, wat ook nasionaal gedryf word, kom volgens Botha oorspronklik van Turkye af. Botha daag die publiek uit om een of twee baadjies te skenk wat nie meer gedra word nie.
"Ons het almal baadjies wat net in die kas hang. Kom ons skenk dit vir 'n goeie doel sodat iemand wat minder bevoorreg is dit in hierdie koue winter aan sy lyf kan trek."
Kyk 'n video hieronder:
Volgens Botha pak hulle die stryd teen die koue vanaf 09:00 Saterdagoggend by die Weyers Memorial Kerk aan en beweeg dan met Voortrekkerweg langs. Hulle sal deur die verkeersdepartement en voertuie van die Oudtshoorn-munisipaliteit begelei word.
Vir enige skenkings kontak Corné by 074 260 2871 of sy vrou Stephanie by 084 089 4223.
'Ons bring jou die nuutste OUdtshoorn, Klein Karoo nuus'