Dit is by Schoemanspoort Vakansie-oord in Oudtshoorn aangebied.
Die skool se senior bestuurspan, die departement van onderwys, die ATKV, M3 Teach Me, die beheerraad en die graad 12-opvoeders het hande saamgesnoer om hierdie leerders te help.
Melvina Mason Hearne, die projekorganiseerder van die ATKV, het met groot entoesiasme hierdie uitreikingspoging van die skool ondersteun, om hul matrikulante te motiveer ter voorbereiding van hul finale eksamen.
Die onderwysafdeling van die ATKV is tans besig met die 1 000-skoleprojek, om 1 000 skole oor 'n periode van vier jaar te verbeter.
Hulle stel hul ten doel om die netwerking en samewerking met relevante belangegroepe (onderwysdepartemente, regeringsinstansies, skoolgemeenskappe, sakelui en nie-regeringsorganisasies) te verbeter.
Die ATKV lewer 'n bydrae tot skoolontwikkeling en die evaluering en monitering daarvan, bevorder gehalte en verantwoordbare skoolbeheer, moedig volgehoue ouerbetrokkenheid aan en fokus op leerder-verantwoordelikheid en leierskapsontwikkeling.
Hierdie sessie gaan die leerders ook help met die daarstelling van 'n positiewe selfbeeld, morele intelligensie en leierskap, emosionele intelligensie en integriteit.
Mitchell Messina, die fasiliteerder van M3 Teach Me, het die leerders laat verstaan waarom dit belangrik is om 'n goeie en positiewe selfbeeld te hê.
"Inisiatiewe soos hierdie moet ondersteun en waardeer word en meer privaat maatskappye moet hul koöperatiewe verantwoordelikheid teenoor hul gemeenskappe nakom deur positiewe bydraes te lewer. Deur hierdie tipe projekte kan ons die probleme wat ons tans in die onderwys ervaar tot 'n mate aanspreek," het Hearne gesê.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Die leerders het met nuwe ywer weggestap van die byeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'