Breaking News
OUDTSHOORN NUUS- Die ANC-koalisie wat in die Oudtshoorn-munisipaliteit beheer word, is aan’t wankel met 'n skokaankondiging.
Gayton McKenzie, leier van die Patriotiese Alliansie (PA), het aangekondig dat sy party met onmiddellike effek aan die samewerkingsooreenkoms gaan onttrek.
Dit gons op sosiale media dat die Oudtshoorn-munisipaliteit dalk teen Maandag al met ‘n nuwe raad gaan sit – met die DA in beheer...
Daar word reeds druk bespiegel dat die PA, OGI, Saamstaan en Dysselsdorp Advieskantoor kragte kan saamsnoer met die DA, wat dié party weer aan die stuur van sake sal sit.
Sal Oudtshoorn, wat spog met die jongste burgemeester in Suid-Afrika, ook sit met een wat die kortste termyn uitgedien het?
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'