KLEIN KAROO NUUS - Kannaland-munisipaliteit het vanmiddag 'n kennisgewing op hul Facebook-blad geplaas waarin hulle aandui dat hul kantore tot 1 Julie gesluit sal wees weens 'n amptenaar wat positief vir Covid-19 getoets het.
"Die persoon is reeds in self-isolasie sedert die geval bekend gemaak is.
"Alle geboue van die munisipaliteit word onmiddelik gesluit vir diep ontsmetting/sanitering.
"Rekeninge kan intussen aanlyn of by Standard Bank betaal word en kan Woensdag by die kantore betaal," lui die kennisgewing.
Bystandnommers om enige klagtes te rapporteer is as volg:
Ladismith
- Water en Riool 066 389 1516
- Elektrisiteit 064 903 4555
- Gemeenskapsdienste 078 409 9064
- Kliënte Dienste 073 730 7798
- Van Wyksdorp 083 564 6892
- Zoar 083 564 6399\
- Calitzdorp 083 990 6916 / 074 728 1712
- Brandweer 063 131 7795
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'