OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK sal die jaar vir eerste keer in twee jaar Oudtshoorn weer op horings neem.
Die fees vind plaas vanaf 29 Maart tot 3 April.
Bekendstelling
Belangstellendes kan die bekendstelling dié naweek op 26 Februarie om 19:00 regstreeks aanlyn op die KKNK se Facebook-blad volg.
Die wat kom, maak seker jy bespreek jou verblyf vooruit vir die fees deur van LekkeSlaap gebruik te maak. Besoek ook ons webtuiste om uit te vind hoe jy op hoogte van sake kan bly en boonop kaartjie-afslag kan kry deur ’n Vriend van die KKNK te word. Bepalings en voorwaardes geld.
Stalletjies
Bring jou kunsvlyt, konfyt en kom 'kappityt' by vanjaar se KKNK-feesmark. Aansoeke vir stalletjies vir die KKNK Feesmarkterrein het op 22 Februarie geopen. Maak seker jy bespreek betyds jou stalletjie voordat aanlyn aansoeke op 11 Maart 2022 sluit.
Bepalings en voorwaardes geld, maar al die inligting is duidelik uiteengesit.
Verblyf
Die KKNK bedryf nie vanjaar ’n verblyfkantoor nie, maar Oudtshoorn is reg om jou te ontvang en die beste moontlike verblyfopsies aan jou te bied.
Ons het ook ’n ooreenkoms met die verblyffoendies LekkeSlaap gesluit, wat alle verblyfbesprekings vir die fees hanteer.
Feesgangers word aangemoedig om hul besprekings direk deur LekkeSlaap te bespreek. Alle besonderhede van gashere uit Oudtshoorn en omgewing wat geregistreer het en gereed staan om besoekers te onthaal, kan ook daar gevind word.
Rig enige navrae direk aan LekkeSlaap by besprekings@lekkeslaap.co.za, of per e-pos aan Daleen Witbooi by info@kunste.org.za.
Wees deel van die klub
Sluit aan by ons klub vir vriende en geniet die voordele. Kunste Onbeperk bied aan die lojale kunspubliek ’n geleentheid om deel te wees van ons spesiale klub, waar lede regdeur die jaar verrykende ervarings en kunskultuur met lekker voordele kan geniet.
Dit is vir ons as nie-winsgewende organisasie – en moeder van spesiale en geliefde projekte soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), Teksmark en Klein Karoo Klassique (Oudtshoorn se klassieke musiekfees) – ’n liefdestaak om uit te reik na ons kunsvriende en lidmaatskap aan die Vriende van die KKNK-klub te bied.
Hierdie lidmaatskap is in die vorm van ’n jaarlikse donasie en help ons om te verseker dat ons aan die kunste die nodige platform bied, dit ontwikkel en in die toekoms bedryf.
Ons getroue ondersteuners en alle belanghebbendes by die kunste ontvang verskeie voordele as deel van hul lidmaatskap. Besoek word 'n vriend van die KKNK vir meer inligting en om die aansoekvorm te voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'