Update
OUDTSHOORN NUUS - Verskeie veiligheidsinstansies het verlede Vrydagaand by die Oudtshoorn-polisiestasie bymekaargekom om bewusmaking en sigbaarheid van misdaadbekamping in die dorp te skep.
Voertuie het in 'n konvooi vanaf Baron van Rheede straat, in die dorp en dele van Bridgton en Bongolethu gery, waarna al die instansies aan 'n deurnag-massapatrollie deur die dorp deelgeneem het.
Hierdie inisiatief is deur AfriForum gereël.
Volgens Mark Collins, koördineerder van die deurnagpatrollie, word patrollies van hierdie aard sedert 2021 kwartaalliks gehou met die objektief om woonbuurte regoor die land veiliger te maak.
"Tans is ons ook onder andere besig met gebeurlikheidsplanne vir verskillende tipe misdaadtonele en plaasaanvalle.
Volgende kwartaal byvoorbeeld sal ons die patrollies afwissel om sodoende ons planne in werking te stel. Verder is ons bly vir die ondersteuning van die gemeenskap en kan ons net van krag tot krag gaan," het Collins gesê.
Talle inwoners het op Oudtshoorn Courant se Facebook-blad hul dank teenoor dié inisiatief uitgespreek terwyl sommige selfs voorstelle gemaak het vir meer gereelde padblokkades op alle toegangsroetes sowel as lukrake deursoekoperasies.
Daar is ook 'n beroep gedoen om meer gereeld veral gedurende beurtkrag te patrolleer.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’