Gallery
OUDTSHOORN NUUS - APD (Association for People with Disabilities) het Vrydag hulle 50ste verjaarsdag gevier.
APD is 'n organisasie wat daarop fokus om persone met gestremdhede te help om in die samelewing aan te pas en hulle nuwe vaardighede te leer sodat hulle meer onafhanklik kan wees.
APD-Oudtshoorn het 'n werkswinkel in Oudtshoorn sowel as in Dysselsdorp waar hulle met volwassenes werk en 'n kleuterskool in Bongolethu waar hulle spesifiek met kleuters werk.
Die vieringe was vrolik en die gaste is deur Paul Amas vermaak. Die sentrum se dansgroepie het ook ter ere van 16 Days of Activism 'n dansie uitgevoer. Hulle is daarna met 'n heerlike ete en koek bederf.
*Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Die bestuur van APD.
APD Oudtshoorn se 50ste verjaardagkoek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'