OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se rugbyveld was verlede Saterdagoggend 'n miernes van bedrywighede toe verskeie kleuterskole in die Oudtshoorn-omgewing aan die jaarlikse Action Kids deelgeneem het.
Dié gewilde kleuteratletiekbyeenkoms is vanjaar deur Crossfit Oudtshoorn aangebied en bestaan reeds 17 jaar.
Kleuters vanaf die ouderdom een tot ses jaar kon deelneem en die inskrywingsfooi het R25 per kleuter beloop.
Elkeen het 'n medalje vir deelname ontvang met die topdrie atlete wat elk met 'n trofee beloon is.
Die resies het vir groot vermaak onder die toeskouers gesorg terwyl angstige mammas en pappas hul peuters by die eindstreep ingewag het.
Vir enige navrae kontak actionkids@crossfitoudtshoorn.co.za.
Mia January van Principia (gr. R) in aksie.
Foto's Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'