OUDTSHOORN NUURS - Die Oudtshoorn Rotariërs het op 23 November 'n geslaagde geldinsamelingsprojek vir Animal Care Team SA (ACT SA) by Mount Noah gehou.
Bekende komediant, Mariëtte Loubser, het opgetree.
Die kaartjies is teen R150 verkoop en het 'n ete ingesluit.
Volgens Suné Rupping, voorsitter van Oudtshoorn Rotariërs, het die Rotariërs R5 000 aan ACT SA wat deur die vertoning ingesamel is oorhandig. Nandoe het nog 'n R1 000 geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'