OUDTSHOORN NUUS - Motoriste sal beaam dat die vyf stilhouplekke met ablusiegeriewe in Meiringspoort pynlik netjies onderhou word.
Dit is ook die geval met die tweede-laaste een aan Klaarstroom se kant, wat die afgelope 7 maande deur Louw Campher en Sheroleze Links beman word, maar met 'n verskil.
Behalwe dat hulle die terrein en ablusiegeriewe netjies hou, is die badkamers vol gedagtes en skryfstukke.
Oral in die vertrek pryk pennevrugte van Louw teen die mure. Van 'n bladsy aan boere opgedra om hulle te bedank vir hulle harde werk onder moeilike omstandighede, tot raad aan mans hoe om vroue weer soos dames te behandel.
Tussenin is Bybelverse, toegelig met Louw se eie gedagtes en op die oppervlak langs die wasbak is WELKOM netjies met klippies tussen vetplante uitgepak.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'