CALITZDORP NUUSFLITS - 'n Man (23) van Calitzdorp wat sy meisie so erg aangerand het dat sy nie kon loop nie en hy haar toe huis toe gedra het, is in die Oudtshoorn streekhof aan aanranding om ernstig te beseer skuldig bevind en vyf jaar gevangenisstraf opgelê.
Dalton Lot het skuldig gepleit daarop dat hy die 21-jarige Jacqueline van Rooyen na 'n vlakkie geneem het waar hy haar geskop en geslaan het terwyl albei baie dronk was.
'n Klagte van verkragting teen hom is teruggetrek.
Van Rooyen kon na die aanranding nie loop nie en is deur Lot huis toe gedra waar hy haar om verskoning gevra het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'