Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Dit blyk dat die botsing by Baron van Reedestraat en Van der Rietstraat ’n aanloop gehad het.
Met die aankoms van Oudtshoorn Courant op die toneel was die insittendes van ’n wit bakkie in ’n argument met die bestuurder van ’n Herotel-bakkie, wat agter hulle gestop het nadat hulle teen ’n aankomende Opel Corsa vasgery het, betrokke.
Die bestuurder van die Herotel-voertuig het tydens die argument gery en teruggekom nadat die polisie op die toneel was.
Hy het toe verduidelik dat hy die insittendes van die bakkie glo in Van der Rietstraat betrap het waar hulle besig was om ’n ysterpaal, wat vasgemessel was, uit te breek. Hulle het glo weggery en hy het die polisie geskakel en agter hulle aangery.
By die kruising van Baron van Reedestraat het hulle volgens hom nie by die stopstraat gestop nie en glo in die Corsa vasgery.
Hy het die polisie na die plek geneem waar die mans glo besig was om ’n ysterpaal, wat vroeër deel van ’n oprit was, uit te haal. Niemand is in die botsing beseer nie en skade was gering.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'