Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn, algemeen bekend as die Struisies, spog met ses A-kandidate en ‘n matriekklas van 2017-slaagsyfer van 97%.
100 van die 103 matriekulante het geslaag, met 67 wat skool verlaat met mariekulasievrystelling.
27 van hulle kan diplomastudies aanpak en ses het met ‘n matrieksertifikaat geslaag.
Die topleerder, Sofie Heller, het 87,14% behaal. Volgens Heller gaan sy kommunikasiekunde aan die Universiteit van Kaapstad studeer.
Die vyf ander A-kandidate (nie in volgorde van prestasie nie) is Lara van der Walt, Lisa Victor, Marhüzahne Storm, Carmaine Luyt en Lilla Terblanche.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'