CALITZDORP NUUS - Die De Krans-privaat kelder buite Calitzdorp het agt goue medaljes op twee gesaghebbende wynkompetisies verdien. Ses van die medaljes is op vanjaar se Vitis Vinifera Awards ingepalm en twee op die 2017- Michelangelo International Wine Awards.
Die ses medaljes wat by die Vitis Vinifera Awards toegeken is vir:
De Krans se Premium Moscato Natural Sweet Perlé Wine 2017, De Krans Free Run Chenin Blanc 2017, Touriga Nacional 2016 en Tinta Roriz 2016.
Die ander twee wenners was De Krans se Garden Route Sauvignon Blanc 2017 en Garden Route Pinot Noir 2016 wat op die landgoed geskep word van druiwe uit die Outeniqua-berge naby George.
Tydens die Vitis Vinifera Awards word al die wyne blind geproe deur 'n paneel wynliefhebbers met 'n bewese vlak van kennis en erva-ring. Die kompetisie fokus meer op puik wyne wat teen redelike pryse verkoop word pleks van eksklusiewe en duur wyne.
Die ander twee goue medaljes is tydens vanjaar se Michelangelo International Wine Awards aan De Krans se Cape Vintage Reserve 2014 en Muscat de Frontignan 2017 toegeken.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'