Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ses insittendes van 'n Mahindra Scorpio en die bestuurder van 'n VW Polo is beseer in 'n botsing omstreeks 06:30 vanoggend, Donderdag 29 Augustus, by die kruising van Kerk- en St Georgesstraat.
Beserings wissel van lig tot ernstig.
Dit blyk dat die Polo uit St Georgesstraat voor die Mahindra wat in Kerkstraat was, ingery het.
Kyk 'n video hieronder:
6 insittendes van 'n Mahindra Scorpio en die bestuurder van 'n VW Polo is in die ongeluk beseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'