OUDTSHOORN NUUS – Aurial Kollege se matriekslaagpersentasie is vanjaar 67,3% teenoor die vorige jaar se 70%.
Volgens die skoolhoof van Aurial, Karin Alexander, is sy ietwat teleurgesteld,maar nogtans trots op die suksesvolle kandidate se preatasies.
Sewe van die 49 leerders het met toelating tot graadstudies geslaag, dertien met toelating tot diplomastudies en 13 met toelating tot sertifikaatstudies.
Die skool se slaagsyfer in Afrikaans en Engels is 100%, Duits vir die eerste keer 81% en Wiskunde Geletterdheid 81,6%.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'