DE HOOP NUUS - Wanneer jy vir Aletta (73) en Abraham (75) Arries van De Hoop vra wat die geheim is van 'n lang gelukkige huwelik, is die antwoord heel eenvoudig, "Jy moet jou oë altyd op God gerig hou."
Die Arries-egpaar wat op 13 Mei 1972 trou aan mekaar beloof het, het verlede naweek hulle 50ste huweliksherdenking gevier.
Hulle het saam ses kinders, 14 kleinkinders en sewe agterkleinkinders. Volgens Marlene, 'n dogter van die egpaar, het haar ouers mekaar altyd met respek hanteer.
'Ons bring jou die nuutste De Hoop, Klein Karoo nuus'