OUDTSHOORN NUUS - Vyf persone is Sondag in Riviersonderend in hegtenis geneem na hulle na bewering goedere ter waarde van duisende rande in Oudtshoorn gesteel het.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die persone (drie vroue en twee mans) van die items by Pick n Pay gesteel.
“Daar is ‘n vermoede dat die verdagtes in twee groepe beweeg het. Twee vroue en een van die mans is op Pick n Pay se kameras opgemerk. Al die items is egter nie daar gesteel nie.”
Volgens haar het die voorval(le) Sondag tussen 08:00 en 11:00 gebeur.
“Die klaer by Pick n Pay het gemerk dat rakke leeg is ongeveer 10 minute nadat hy dit volgemaak het.
"Op die kamera is gesien hoe twee onbekende vrouens en een man goedere ter waarde van R8 817,58 neem.”
Die polisie vra dat enigiemand wat weet waar die ander goedere gesteel is asseblief ao. Olivier by 071 079 7915 moet kontak.
Goedere ter waarde van duisende rande is gesteel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'