OUDTSHOORN NUUS - Sport Buddy het vanoggend 300 brode aan die inwoners van Volmoed versprei.
Die nie-winsgewende organisasie se stigterslid, Wyndham Ewerts het Millies Superette Oudtshoorn bedank vir die bak van die brode en ook vir hul gedeeltelike finansiële bydrae om die brood te finansier.
"Die land gaan tans met die Covid-19 inperkingsreels gebuk onder ekonomiese uitdagings en met die gevolg lei die mees kwesbaarste van die bevolking daaronder.
"Geen organisasie of individu is kwytgesteld van die verreikende gevolge wat die korona-virus te weeg gebring het nie en juis darem is dit groothartig van Millies Superette Oudtshoorn om die gemeenskap in hul uur van nood by te staan.
"Ons wil graag 'n beroep op ander besighede in die dorp doen om hierdie voorbeeld te volg sodat ons saam in die gemeenskap se hongernood groot of klein te voorsien," het Ewerts gesê.
Sport Buddy lede saam met Pikkie Koen (Millies Superette Oudtshoorn bestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'