OUDTSHOORN NUUS - Die laaste twee skole wat deel is van Cango Wildlife Ranch se herwinningsprojek het verlede week volstoom aan die werk gespring.
Cango Wildlife Ranch, in samewerking met die herwinningsaanleg, Retain Recycle Re-use, het voorverlede week met die herwinningsprojek by Laerskool Wesbank begin.
Laerskool Laurus en Van Reede Primêr het verlede week gevolg.
Die Oudtshoorn Courant het verlede Vrydag, berig dat Cango Wildlife Ranch finansiering van WAZA (World Association of Zoos and Aquariums) ontvang het om 'n herwinningsprojek by skole te begin.
Leerders word gevra om papier, blik en plastiek van die huise af te bring en in houers wat deur Cango Wildlife Ranch voorsien is, te plaas.
Hugo du Plessis, hoof- uitvoerende beampte van Cango Wildlife, het voorverlede week gesê sodra hulle bykomende finansiering ontvang sal hulle die projek na ander skole uitbrei.
Die houers word op 'n gereelde basis deur Retain Recycle Re-use leeggemaak waarna die materiaal verder by die herwinningsaanleg hanteer en versend word.
Charleen Boshoff, bemarkingsbestuurder van Cango Wilflife Ranch, en Laurus se skoolhoof, Ronel Huysamen by die skool se herwinninghouers. Regs is Inamari van der Westhuizen en Jaun-Fred October by een van die onderwysers, Wayne Allen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'