Video
OUDTSHOORN NUUS - Nooddienswerkers moes laasnag net na middernag spook om drie beseerde mans uit 'n diep sloot ambulanse toe te dra.
Die drie is beseer toe hulle motor die pad naby Volmoed verlaat het en in die sloot beland het.
Die motor het eers 'n plaasheining getref, 'n hek afgery etlike meter deur die lug getrek, toe die oorkantste wal van grondkanaal en 'n betonstruktuur getref voordat dit in die kanaal tot stilstand gekom het.
Paramedici was bykans 'n uur op die toneel en polisielede en verkeersbeamptes moes help om die drie beseerdes uit die kanaal te dra.
Volgens paramedici was een persoon ernstig beseer en die ander twee minder ernstig. Al drie insittendes was buite die opgefrommelde motorwrak.
Die botsing het naby die Volmoedwinkel plaasgevind.
Kyk 'n video hieronder:
Paramedici by een persoon wat ernstig beseer is.
Paramedici behandel die ander twee insittendes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'