Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die 25ste agtereenvolgende Meiringspoort 12,5 km en 21,1 km peretdraf en halfmarathon het Saterdag 14 Oktober 3 100 atlete van regoor die land gelok.
Tradisioneel is die atlete reeds vanaf 04:30 die oggend met verskeie volstruistrokke van die NG Kerk De Rust se gronde, tot by die twee wegspringpunte in Meiringspoort aangery.
Met warm weersomstadighede voorspel vir De Rust, moes die atlete eers yskoue weer trotseer binne die poort.
Toegedraai in komberse en met swart sake oor hul bolywe, het hulle by die wegspringpunte agter rotse en in groepies gewag vir die skoot om 06:45 te klap.
Met die wegspring is die komberse net daar neergegooi, waar dit deur die organiseerders opgetel is en aan welsynsorganisasies geskenk is.
Met warm weersomstadighede voorspel vir De Rust, moes die atlete eers yskoue weer trotseer binne die poort.
Drawwers wag vir die skoot om 06:45 te klap.
Beide draf items het by die NG Kerk se gronde klaargemaak, waar ‘n feestelike atmosfeer geheers het.
Die 21,1 km halfmarathon is deur Lloyd Bosman gewen, met John April tweede en Lindile Tokota derde. Melissa van Rensburg was die eerste dame oor die eindstreep, met Anel van Wyk tweede en Liza Kingston derde.
Kyk 'n video hieronder.
Godwin Heyns het die 12,5 km pretdraf gewen, met Donovan Jantjies tweede en Anderson Ncube derde. In die dames-afdeling het Lana Theunissen eerste oor die eindstreep gehardloop. Marcelle van Tonder was tweede en Johanna Claassen derde.
Toegedraai in komberse, geniet die drawwers 'n warm koppie koffie.
Lees meer aanlyn en in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
VIDEO & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'