OUDTSHOORN NUUS - Henry Carstens het onlangs sy 250ste parkrun in Oudtshoorn by die Surval-olyflandgoed voltooi. Hy spog egter met 251 wedlope met een wat hy langs die Weskus gehardloop het. Conrad en Tarren Jullies het ook onlangs hul 150ste parkrun voltooi.
Christo du Plessis was Saterdag die vinnigste van die 29 deelnemers by die 296ste Oudtshoorn-parkrun met 'n tyd van 23 minute 11 sekondes.
Die 16 - jarige Zack Botha was tweede en Johann Coetzer derde.
Isabella Kao (26:18) wat in die 5de posisie klaargemaak het, was die vrouewenner.
Die tye van die voorste tien deelnemers:
- Christo du Plessis (23:11)
- Zack Botha (24:01)
- Johann Coetzer (24:10)
- Johann Botha (24:32)
- Isabella Kao (26:18)
- Tanica Engelke (26:56)
- Japie Bothma (27:00)
- Fanie Olivier (27:09)
- Steven Dai (28:40)
- Albertus Kennedy (29:22)
Conrad en Tarren Jullies het ook onlangs hul 150ste parkrun voltooi.
Christo du Plessis op pad wenstreep toe. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'