OUDTSHOORN NUUS - Nicolas de Wet het Saterdag die 222ste Oudtshoorn-parkrun gewen. Simon de Waal was tweede, terwyl Jana de Waal (vrouewenner), in die derde plek.geeindig het.
Alta Groenewald het Saterdag die mylpaal van 100 parkruns bereik, met haar eggenoot, Piet Groenewald, wat op dieselfde dag vir die 103de keer as vrywilliger diens gelewer het.
Die voorste tien hardlopers met hul tye is as volg:
- Nicolas de Wet (21:47)
- Simon de Waal (23:09)
- Jana de Waal (23:09)
- Japie Bothma (24:02)
- Deon van der Walt (24:57)
- Daniel Raubenheimer (25:26)
- Fanie Olivier (27:00)
- Mauritz Lamprecht (28:03)
- Tarren Jullies (28:05)
- Dale Macintosh (28:17)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'